Wanneer
jy 'n vergelyking wil doen, moenie altyd vir die
goedkoopste gaan nie, kyk ook wat die versekering
jou bied.
VERSEKERINGS
WENKE:
1.
Wanneer jy 'n versekering kwotasie kry, vra altyd
vrae soos:
Hoe groot is die bybetaling wanneer my motor gesteel
word of afgeskryf word?
Sommige
versekeraars bied 'n laer premie, maar wanneer jou
motor gesteel of afgeskryf word is jou bybetaling
7% of 10% van die verskerde waarde en ander versekeraars
vra dalk net R2,000.
2.
Vra of jy 'n vervangingsvoertuig gaan kry wanneer
joune gesteel of afgeskryf is.
3.
Hersien jou versekeringspremie elke jaar. Jou motor
se waarde verminder elke jaar. Dit is dus elke jaar
minder werd. Dus is die vervangingswaarde van jou
motor minder. Maak dus een maal per jaar seker dat
jy nie te veel betaal nie.
Vir
meer versekerings wenke kliek hier |