Goedkoop motor en Huisinhoud Versekering

Goedkoop versekering

Goedkoop motor versekering

Jy het hard gewerk om uiteindelik daardie droommotor te koop.

Nou kom die verassing. Indien jy jou motor op huurkoop gekoop het (MAW dit is nog die bank se motor) dan is jy verplig om versekering uit te neem vir jou motor.

Versekering is nie goedkoop nie en dus moet jy 'n paar kwotasies kry om seker te maak dat jy die beste dekking teen die beste prys gaan kry.

Onthou tog net die gesegde, "Goedkoop is duurkoop". Die goedkoopste versekering is nie altyd die beste een nie.

Wanneer jy kwotasies kry, kry ten minste drie kwotasies. Moet nie sommer net aanvaar dat versekering, versekering is nie. Dit is NIE.

Vra vrae soos:

  • Dek hulle jou voertuig teen inruil of herverkoop waarde (daar is soms ongeveer 20% of selfs meer verskil).
  • Wat gaan jou bybetaling wees indien jou motor gesteel of afgeskryf is?
  • Wat gaan jou bybetaling wees vir gewone eise (waar voertuig nie afgeskryf is)
  • Beinvloed klein eise soos ruite jou premie of geen-eis bonus?
  • Is daar 'n wagperiode vir eise?
  • Wat se ander voordele bied hulle jou soos byvoorbeeld padbystand, ens.

Gebruik hierdie skakels om kwotasies te kry:
Outsurance, dial-direct, first for woman, hollard pay as you drive , budget


Moet nie jou voertuig gebruik sonder versekering nie. Soms voel dit of veral ou voertuie nie die moeite werd is om te verseker nie. Sommige ou voertuie is baie meer as wat hulle sogenaamde "boekie" waarde is. Sommige mense redeneer dan dat dit nie die moeite werd is om die voertuig te verseker nie. Dink egter so daaraan: Wat gaan jy doen as jy in 'n R3 miljoen se Lamborghini vasry, die voertuig afskryf en dit was jou nalatigheid? Jy gaan verantwoordelik gehou word vir die ander party se skade. Dus is dit raadsaam om selfs as die geldtjie knyp jou voertuig te verseker. Al verseker jy dit op die ou einde net vir "derde party" sodat die skade aan die ander voertuig gedek is, maar maak seker dit is verseker.

19/05/2009


Home | contact us | about us | terms and conditions

Other sites worth looking at: property | photography | millionaire | flight bookings | forex trading
| free adsense report | Free Ads | Hilux 4x4 | Share investing | make money online | build your own web site